Friday, April 11, 2008

Natuurlike- en Organiese Produkteskou


Pacmar was die naweek van 12 tot 14 Oktober betrokke by die "Natural and Organic Products Exhibition," wat gehou is by die CTICC (Cape Town International Convention Centre). Die skou is aangebied om die publiek van die belangrikheid van organiese produkte in te lig.

Ons het die dames van Freerunner ingespan om ons uit te help met die promosie van Wilde en Crystal Falls produkte. Dit was ‘n suksesvolle skou, met stalletjies amper so divers soos die mense wat teenwoordig was. Ons het gunstige terugvoering van die publiek ontvang, met talle navrae oor waar ons produkte beskikbaar is.

No comments: