Friday, April 11, 2008

Klein Boishaai Fun Run


Wilde Vrugtesap het vir die eerste keer ingetree as mede-borg vir die Klein Boishaai Fun Run, wat op 16 Februarie gehou is. Ongeveer 250 ouers en kinders van die skool het aan die byeenkoms deelgeneem. Dit was die perfekte geleentheid om beide kind en ouer te bereik met ons vrugtesap, hulle in te lig en te herinner om in die toekoms ons produk te kies. Die gunstige terugvoering wat ons ontvang het, het 'n neiging geskep om meer deel te wees van sulke aangeleenthede.

No comments: